Suidpunt Potpourri

Bali Trading is by verre my gunsteling verskaffer.  Ek het my winkel 15 jaar gelede gekoop. Die winkel bestaan al reeds sedert 1997 en het sy nederige begin te danke aan ‘n dinamiese vrou wat ‘n visie vir Agulhas gehad het en ‘n piepklein winkeltjie begin het. Die winkeltjie het ‘n platform geskep vir mense wat op klein skaal handgemaakte items vervaardig het en nie geweet het hoe om dit te verkoop nie, in ‘n era lank voor “koop en verkoop” groepe op Facebook.

Ek was een van die uitstallers in haar winkel en sy het menigmaal al my lapverf artikels in die winkel verkoop.

Een Desember is sy skielik en onverwags oorlede. Die winkel is in die mark gesit en ek het die geleentheid met beide hande aangegryp. Na ‘n bietjie restourasie en veranderinge het ons die deure weer oopgemaak in Oktober 2004.

Beide ek en my man was uit die staanspoor passievol oor hierdie onderneming. Hy is in die konstruksiebedryf en die ink op die koopkontrak was nog skaars droog toe het hy al begin om mure uit te breek en aan te bou. So het ons stuk-stuk aangebou, ‘n koffiewinkel binne-in Potpourri oopgemaak en so die winkel uitgebou van ‘n karige 100 vierkante meter na vandag se amper 700 vierkante meter vloeroppervlak.

Ons het ‘n wye verskeidenheid van produkte: dekor, speelgoed, eetgoed, lekkerruik goed, geestelike boeke, kunsbenodigdhede, souveniers vir die toeris, babaklere en vele bekostigbare geskenkies. Dit was vir ons ‘n groot vreugde om die jaar na jaar se groei te ervaar, en vakansiegangers se gretigheid om te sien wat het ons hierdie jaar verander het!

So vier jaar terug het ons ‘n eiendom oorkant ons winkel gekoop en dit omskep in ‘n gastehuis met die toepaslike naam Potpourri Stay. Dus kan ons kliente nou EET, KOOP én SLAAP!

Ek is oortuig dat die sukses van my besigheid lê in beide my passie vir die besigheid, sowel as my en my man se geloof dat ons voorwaar geseënd is.

Ek glo dat iemand soos ek ‘n fyn aanvoeling moet hê as dit by die aankope van jou produkte kom. Afhangend van jou mark, moet die prys, ooreenkomstig met die produk, reg wees.

Ek glo ek beskik oor daardie eienskap. Ek koop al sedert 2012 aan by Bali Trading. Ek is regtig, regtig uit my hart, dankbaar vir ‘n verskaffer soos BALI TRADING. Hulle smaak is my smaak! Hulle is by verre my “favourite” verskaffer!

Focus Friday: We’re shining the spotlight on Suidpunt Potpourri

‘Bali Trading is by far my favourite supplier”

Written by Desiree Kleinhans , owner of Suidpunt Potpourri.

I’ve purchased my shop 15 years ago. It’s been in existence since 1997, a small little shop opened by a dynamic woman with a vision for Agulhas. It created a platform for individuals who handcrafted items on a small scale, but did not know how to sell their products, long before the existence of “buying and selling” Facebook groups.

I used to be one of the exhibitors in her shop, and on more than one occasion she sold all my fabric-painted items.

One December, she suddenly and unexpectedly passed away. The shop was put up for sale, and I jumped at the opportunity to buy it. After restorations and alterations, we opened our doors in October 2004.

From the start, both my husband and I were extremely passionate about this undertaking. He is in construction, and even before the ink on the contract dried, he started with the alterations. Piece by piece we extended our premises; a coffee shop opened inside Potpourri, and so we expanded from a very small 100 meters square, to what we have today, close to 700 square meters of floor space.

We have a wide range of products: decor, toys, eats, Christian books, art supplies, souvenirs for tourists, baby clothes, and many more affordable gifts. It was, and still is, a privilege to experience our yearly growth and to see the excitement of the holiday makers to discover the yearly changes we’ve made.

About four years ago, we purchased the property across the street, and turned it into a guesthouse with the appropriate name of Potpourri Stay. Our clients can now EAT, BUY, and SLEEP!

I am convinced that the success of my business is based on the passion of both my husband and I, as well as our belief that we are truly blessed.

I believe that, somebody like me should have a good sense of understanding your clients when it comes to the purchase of products you stock. Depending on your market, the price and the product must go hand in hand.

I do believe that I possess that trait. I have been buying from Bali Trading since 2012. I can honestly say that I am thankful for a supplier such as BALI TRADING. We think alike. They are by far my favorite supplier!

15th Jun 2018 Desiree Kleinhans, eienaar van Suidpunt Potpourri

Recent Posts

  • Crafty Gifts & Décor

    We decided to buy from Bali Trading because the products are unique and it is also well priced.  …
    26th Oct 2018 three owners Susan Rhodes, Ruth Morris and Isabel Robarts.
  • Gifts at Oxford 33

    Buying from Bali Trading has ensured that we can supply our clientele with a wide variety of product …
    27th Jul 2018 Leanne Fourie, owner of Gifts at Oxford 33
  • Suidpunt Potpourri

    Bali Trading is by verre my gunsteling verskaffer.  Ek het my winkel 15 jaar gelede gekoop …
    15th Jun 2018 Desiree Kleinhans, eienaar van Suidpunt Potpourri

white-logo.jpg

© 2018 Bali Trading Wholesale | Website designed by Moonstone Direct